Monday, October 7, 2024
spot_img

Miss Nikki se eienaars het ‘n passie vir mooigoed en gesondheid

Date:

KLEINMOND – Die geskenkwinkel, Miss Nikki, wat in Desember verlede jaar in Haweweg oopgemaak het, het op Vrydag 13 September hul reeks gesondheidsprodukte bekendgestel.

Eienaars Morné en Andrea Basson is self passievol oor gesondheid en hulle het Pierre van Niekerk, die ont-werper van die natuurlike gesondheidsreeks Pierre Ecohealth genooi om oor die produkte en gesondheid te kom praat.

Andrea vertel: “Ek het in 2020 met ‘n aanlynwinkel begin, maar toe ons in Junie 2023 na Kleinmond verhuis het, het ek besluit dat dit lekker sal wees om my geskenke en op daardie stadium ook klere in ‘n regte winkel uit te stal en so my kliënte van naderby te leer ken.” Sy het voorheen by ‘n meule in Vereeniging gewerk.

Morné het ‘n paar jaar gelede op Kleinmond gewoon en besluit dat dit is waar hy met sy werk as  lewensmentor wil voortgaan. Hy het nog altyd aan holistiese gesondheid geglo, wat nie net op die liggaam fokus nie, maar die mens as geheel aanspreek. “Dit gaan oor hoe jy eet en oefen, maar ook oor jou geestelike gesondheid,” sê hy. Hy het voorheen as persoonlike afrigter en lewenstyl-konsultant gewerk – onder andere op skepe. Hy het ook ‘n diepgaande studie oor motor-neuronsiekte gemaak en self ‘n produk ontwerp wat bloedsirkulasie verbeter. Hy beoog om weer met lewenstylprojekte te begin. Morné help ook tans verskeie mense wat aan depressie ly met sy projek #unstuckyourself.

Die Bassons het in die bemarking van Pierre Ecohealth begin belangstel nadat Andrea ‘n voetoperasie ondergaan het en die neuropatiese room van die reeks begin gebruik het. “Ons bemark die produkte al van 2022 af. Dit bevat net natuurlike bestanddele en help onder andere vir toestande soos diabetes, uriensuur, vel-, ingewands-, en lewertoestande. Daar is selfs ‘n reeks wat teen kanker gebruik kan word. Die natuurlike produkte is vir mens en dier.

Pierre van Niekerk het in sy praatjie op die noodsaaklikheid om gesond te lewe, gewys. “Jy moet dink wat jy in jou mond sit en wat die effek daarvan vir jou persoonlik inhou. Bly weg van gemorskos. Gesondheid begin by die spysverterings-kanaal, en die mond is die eerste plek waar vertering begin. Dis dus noodsaaklik om jou kos fyn genoeg te kou dat dit met speeksel kan meng om jou maagsure te aktiveer wat die kos verder opbreek om na die res van die liggaam geneem te word. Daarsonder het jy geen energie nie en kry allerhande toestande vatplek in jou lyf.” Dit was maar een van die baie wenke wat Pierre in sy praatjie oor gesondheid gegee het. Morné en Pierre se benadering tot gesondheid is dieselfde. Juis daaroor is hy so opgewonde oor die natuurlike reeks produkte. Daar is egter soveel ander aspekte van gesondheid waarop Morné ook fokus.

Morné nooi mense om een van sy seminare by te woon. Daar is wel koste aan verbonde, maar die eerste 20 inskrywings sal die seminaar gratis ontvang.

Besoek Andrea en Morné by Miss Nikki in winkel G, Haweweg 31 of skakel 072 644 6102 vir meer inligting.

Independent Publisher and editor

Kobie Coetzee
Journalist at Overstrand Herald

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Share post:

spot_imgspot_img

Popular

More like this
Related

SMOKE ALERT: Veldfire in Bredasdorp 03.10.2014 @ 16:00

HERMANUS - The Overstrand Municipality received several calls about...

Overstrand Property Professionals goes independent

KLEINMOND - Say HELLO to the new INDEPENDENT and...

Home Affairs dates for October 2024

PRESS RELEASE Home Affairs Mobile will be in the...

UIF dates for October 2024 from the Department of Labour

PRESS RELEASE The Department of Labour will be in...
error: Content is protected !!